Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Thursday, October 7, 2010

DOMINEE EN OUDERLINGE RAAK OPENLIK TEENOOR MEKAAR

AGTERGROND
Die handevat bediening het 'n proses aan die gang gesit om gemeentes in RSA met gemeentes in Mosambiek te verbind. Ons noem dit tweeling gemeentes. In die meeste gevalle is daar ook hulp aan die plaaslike dominee betrokke hierby. Normaalweg behels dit 'n R500 per maand vir die dominee omdat gemeentes nog nie geleer het om 'n dominee te onderhou nie. Dit is egter baie belangrik dat plaaslike gemeentes ook begin bydrae sodat dit nie net weer afhanklikheid bevorder nie. Om die proses voort te sit raak dit egter belangrik dat Mosambiekse gemeentes daarby betrokke moet wees. Die proses word dikwels baie vertraag deurdat dominees nie kans sien om vir die gemeentes te vertel dat hulle hulp kry en hoeveel dit is nie. Die redes verstaan mens ook en is die volgende:
Gemeentes is gewoonlik in baie landelike omgewings waar mense met vreeslik min geld oorleef en die bedrag klink vir plaaslike mense vreeslik baie. Dominees wat van ander omgewings af inkom het klaar 'n baie groot probleem om verhoudings met ouderlinge te bou want hulle sien hom as iemand wat hulle krag en status kom steel. As hulle dan hiervan hoor word daar gereken dat dit hulle geld is wat deur die dominee gevat word en kan dit die verhouding net nog moeiliker maak.
Verder is dit baie moeilik vir dominees om vir mense te leer dat die kerk nie 'n plek is waar ontvang word nie, want dit is die algemene verstaan van kerk. Die gemeentes in Mosambiek moet ook bydrae vir dominees. As hulle hoor dat die dominee soveel geld kry dan voel hulle dat dit glad nie nodig is om iets vir hom te gee nie en verwag hulle net meer hy moet hulle help.

GEMEENTE
Die dominee gesels met ons en kom sterk onder die indruk daarvan dat hy graag eerlik met sy gemeente wil wees. Ek probeer dit selfs afraai ter wille van die negatiewe effek wat dit kan he, maar hy gaan voort om my te vra om eerlik vir sy gemeente te vertel. (probeer altyd op die punt kom dat daar 'n plaaslike behoefte daarvoor is en dit vat soms baie lank).
Ek preek die Sondag oor leuens en waarheid en hoe ons tradisies in Mosambiek dikwels die waarheid verdraai. Daar is dus 'n sterk bewustheid om vanuit Bybelse waarheid te wil lewe. Na die diens bly 'n klompie vrouens en ouderlinge agter om te gesels oor die gemeente. Ons gesels eers oor die groei in die gemeente en wys hulle op die persoon in RSA wat vir hulle bid. (in hulle geval nie 'n RSA gemeente nie, maar 'n individu). Ons praat oor wat die dominee nodig het om sy werk te doen. Ons maak 'n klomp somme en bewys dat die dominee net vir sy vervoer ongeveer 450 rand nodig het per maand. Hulle word skielik met groot bedrae gekonfronteer (2300 Meticais). Toe lig ek hulle in van die persoon wat hulle dominee help met R500. Daar word gevra of dit genoeg is en hulle sien dat dit amper net die vervoer dek. Hulle dominee kan nog nie eet of kinders skool toe stuur ens nie.
Hier verduidelik ons dat die persoon in RSA weet dit is te min, want hulle wil in vennootskap met die gemeente ingaan om saam te werk. Dit is egter goed om vir die ondersteuner in te lig wat word aan die kant gedoen, want hulle wil graag saam werk. Op die ou end word gesien dat daar tot dusver nog omtrent geen plaaslike bydrae was nie. Die dominee het eie besighede wat hom ook ondersteun en ons gesels daaroor dat hulle nie daarna moet kyk nie, want daar kan vorentoe 'n ander dominee kom en verder is hulle besig om hulle eie groei te verhinder as hulle nie begin help nie.
Ons kom toe by die punt waarop ek 'n video van hulle gaan neem en hulle vir die persoon in RSA 'n boodskap kan stuur. Hulle het toe op hulle eie gesit en 'n boodskap voorberei. Met die terugkom het ek die boodskap opgeneem waar die ouderling, toe 'n vrou en daarna 'n dominee gepraat het. Die boodskap het gese dat hulle nog swak is, maar dat hulle graag wil groei en vra dus voorbidding. Verder se hulle dankie vir die bydrae aan hulle dominee en vra dat dit moet voort gaan indien moontlik. Omdat daar ook siekte in die persoon se familie is, word daar dan ook voorbidding daarvoor belowe. Verder vertel hulle van hulle werk om stene te maak om 'n nuwe kerkgebou op te rig. Ek kon hulle werk dan ook op die video vasvang.

Die soort van groei prosesse kan dalk as eenvoudig en stadig klink, maar ek dink dit is van die kosbaarste goed wat in God se koninkryk kan gebeur! Ek hoop dat daar baie is wat my dankbaarheid teenoor die Here deel en dalk onthou om vir die prosesse in te tree.
Danie

No comments:

Post a Comment